LEEF en laat leef.

Wat ‘n ongelooflike maand! Wêreldbeker, LEEFfestival, ‘n hittegolf van 33 grade en die aanslag van eikenprocessierups. Hoeveel excitement is moontlik in een maand?

Vannaand is die finale finale van die Sokker Wêreldbeker. En vir die eerste keer in 32 jaar is Nederland in die finale. Hoe awesome om hier te wees en dit te ervaar. Ek kyk nie eers sokker nie, maar vannaand gaan ek en J dorp toe fiets met wapperende Leeu van Oranje vlag, vuvu en oversized opblaas duim in hand. Ons gaan ‘n paar Suid-Afrikaners ontmoet om saam met die Dutchies te kyk – en since Wageningen ‘n klomp internationale studente by sy universiteit entertain sal daar seker ‘n paar verlore Spaanse skapies wees. Good luck vir hulle!

Vandag ‘n maand gelede het ek met trane in my oë gekyk na die opening seremonie.

Ek was so trots of SA. Is steeds. Al die worries – toeriste wat by die lughawe ontvoer word, slagtings op die paaie, Wimpy se pryse wat verdubbel – alles was nonsens. In plek daarvan ‘n rustige, opwindende, vriendelike affair. Geen moord en doodslag nie. ‘n Paar hickups (ja ek noem Baf-baf ‘n hickup), maar niks major nie. Dinge was amper normaal in SA.

Dit was die eerste keer wat ons rerig entertain in ons nuwe huis. En awesome mense het saam kom cheer vir SA.

Van links na regs was dit Deon en Mariette, Koen en Tamara, buurman Gerhard en seun Marinus, Marcel (‘n dutchy wat sy groen Bokke hemp orals dra), Joe en ander buurman Reineer (brawe vent wat daar aangekom het met sy Mexico vlag). Na die match is daar gekuier soos in die ou dae.

Die naweek na die openingsmatch was dit die jaarlikse LEEFfestival waar ek volunteer (http://www.leeffestival.nl/). Dis ‘n amazing straat teater wat al 28 jaar aan die gang is. Vir twee dae het ek rondgehol en podiums opgeslaan, artists begelei, mobiles in bome gehang, kinders aangehits om op strate te teken en ‘n fantastiese tyd gehad. Ek is die liefste vir die mobiles wat ons gemaak het van weggooi goed:

Soos van weggegooide fluffy toys - of "knuffels" soos hulle hier genoem word

Van yster borde

Of van tuingereedskap

Wat hierdie jaar se festival ‘n beduidende ander kleur gegee het was die Naked Bike Riders. Hulle was, soos hulle naam aangee, kaal. Dis glo ‘n jaarlikse ding: elke jaar klim ‘n klomp mense naak in die saal om bewustheid te skep vir omgewings-kwessies (ry eerder fiets en nie kar nie), en om karbestuurders bewus te maak van die kwesbaarheid van die menslike liggaam. In die lekker triestige weer wat ons daardie dag gehad het het hulle inderdaad kwesbaar gelyk.

Net piemels waar mens kyk – ek kon nie ophou giggel nie. Weereens besef hoe prude ek is! Sal volgende keer vertel van die rups en meer. Somer is wonderlik en dit raak net beter!

Advertisements

2 responses to this post.

  1. Ek het hoendervleis gehad met die hele afsluiting seremonie, dit was kort, maar ongelooflik! Ek hoop nie hulel beplan die tipe nekd bike rider protest in SA nie, dar isse paar mammas wat ek eerder nie naak wil sien nie. 😆

    Antwoord

  2. Posted by LS on Julie 12, 2010 at 8:44 vm

    Dit sal histeries wees! Maar dink nie dit sal in SA gebeur nie. Net ‘n completely ander mind-set hier. Daar was byvoorbeeld ‘n sterk polisie presence om hulle – maar om te verhoed dat hulle fietsry in die stad. Dis illegal – so hulle moes hulle fietse stoot deur die city centre anders word hulle ge-arresteer. Daarna kon hulle mount en aantjommel na die volgende dorpie. Die feit dat hulle kaal was – no problem!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: