Ongelooflik. Terwyl Suid-Afrikaners wonder hoe om die Tazz vir nog ‘n aand te bewaar of top oor die waarskynlikheid dat ‘n brief sal arriveer, stuur die Hollanders ouma se goud en sierade per pos om verkoop te word. Toe ek die advertensie op TV sien check ek die kalender. Nee dis nie 1 April nie. Maar dis waar. Inderdaad: Pop al jou goud in ‘n koevertjie en pos dit. Dan plaas hulle die geld in jou rekening oor. Vir meer inligting oor hierdie ongelooflike verskynsel besoek www.goudperpost.nl.

Verder het ons die naweek die geleentheid gehad om ‘n Hollandse trouwe bytewoon. Weet nie eintlik of die troue tiepies Hollands was nie, maar dit was HEEL anders as wat ons ken. Geen TantKoekSeHoenderhaan nie. Geen driegang maal, doodsvervelende speeches of bloos-stories oor die paartjie nie. Geen kinders! En geen stoele nie!

Wel rondstaan en hap na ‘n bordjie taart met koffie. Gevolg deur diverse borrelhapjes (snacks) en dan later, buns met ham. Giggel giggel giggel. Eers koek, dan krokette, dan buns met ham, onderbreek deur verskeie tiepes optredes deur van die gaste. Bietjie soos skoolkonsert hou. En op ‘n Vrydagaand! HEEL vreemd. Maar heel gesellig.

Ek is besig om my opinie oor Hollanders te verander. Miskien is dit omdat vreemde mense my skielik groet om straat. Miskien omdat ek my eerste invite na ‘n wedding gecrack het. Weet nie wat verander het nie; miskien is dit somer, miskien is dit ek.

Advertisements

4 responses to this post.

  1. OK, die goud ding is net te absoluut-frikking-ongelooflik.
    Die troue ding het my nogal bly gemaak ek is nie ‘n Hollander nie, want ek het dadelik aan my familie en vriende gedink… eish, dit sal ‘n verskriklike konsert afgee 😆

    Antwoord

  2. Posted by LS on April 28, 2010 at 6:20 vm

    BREAKING NEWS! Iemand het trouplanne! 😉

    Antwoord

  3. Posted by LS on Mei 2, 2010 at 7:45 nm

    Ha ha ha!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: