Syfervoodoo en holbewoners

Dis goed om terug te wees in Holland. Opeens herontdek ek die magiese kragte van double digits. Soos 14. Vandag is 14 grade en Holland word omtower. Mense vat smoke breaks in t-shirts. Fietsgetalle verdubbel. Vissermanne hang uit op die kanaalwalle voor ons huis en sokkerspelers jaag ure lank ‘n bal buite rond. Miniatuur daffodille pop op langs die asblik. Alles toordinge wat slegs realiseer bo 9 grade.

Dan’s daar die magical nuwe tv. Ons Harry Potter koerant boks. Waar prentjies beweeg en vreemde wêrelde vasgevang en uitgestal word.

Dis awesome om die hele naweek op die couch te lounge. En noodsaaklik, oortuig ek myself. My skamele Nederlandse vaardighede het ‘n serieuse knak weg na 5 weke in SA. Het dit vinnig agtergekom toe ek die eerste dag terug moes gaan vir ‘n mediese ondersoek. Ek het die dokter gevra of die goeters wat hy verwyder het nou vir toetse moet gaan. Hy kon nie ophou kop skud en glimlag nie.

So tv kyk vir educational purposes: Die Engelse movie gisteraand mention “cave dwellers”. Die Nederlandse vertaling lees “holbewoners”. ‘n Chick is ‘n “griet”. ‘n Idioot – ‘n lul.

Het die woord “Holland” iets te doen met “holbewoners”? Beteken die frase “grote griet” dus “voluptuous chick”? Hoe dit ookal sy, hierdie Afrikaanse lul is terug om Nederlands heeltemal te korrupteer.

Advertisements

4 responses to this post.

  1. Die taal byl darem maar ‘n treat! Ek wens die lente wil nou in Korea ook gebeur…dis nog lekker koud en daar’s maar min tekens van enige blomme.

    Antwoord

  2. Posted by LS on Maart 29, 2010 at 3:30 nm

    Agge nee! Nou wanneer kom die Koreaanse blomme dan? Dis dan al lente after all!

    Antwoord

  3. Dis veronderstel om die komende naweek getooi te wees in kersiebloeisels, wat nie onmoontlik is nie, maar dit nog vrek koud vir die tyd van die jaar. verseker die langste en koudste winter vir my hier.

    Antwoord

  4. Holbewoners sê jy? 😆
    Ek is bly jy het die doktersafspraak toe oorleef! Groete vir J

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: