Archive for Februarie, 2010

Treasure Island for real

Mense sê die dude wat Treasure Island geskryf het het die storie gebasseer op die Cubaanse eiland Isla de la Juventud. Ek dink hulle is reg. Vir honderde jare was die eiland die skuilplek van seerowers en vlugtelinge. Vandag is die eiland steeds amper vergete.

Dus die perfekte plek om te gaan explore. As mens daar kan uitkom.

Die vliegrit soontoe was iets anders. Sewe uur die oggend strompel ons deur die domestic terminaal in Havana op soek na ons tuig. En soek moet mens soek, want op domestic is alles in Spaans.

En soos dit enige behoorlike adventure betaam geluk dit ons om optestyg op die koudste, winderigste en miserable-ste dag wat Cuba in die laaste 30 jaar gesien het. Dit was die dag wat die aardbewings Cuba se buurman, Haiti, getref het.

Met onweer in die lug en onmin in my derms het ons die vliegtuigie beklim. Die reuk van ou puke in die gang het nie gehelp nie.

Op die beste van tye is ek nie ‘n gemoedelike vlieger nie. Na ‘n besondere turbulente Khulula vlug ‘n paar jaar gelede (waar die lugwaardinne my kom vra het om minder hard te huil) het ek myself belowe ek vlieg NOOIT weer nie.

Maar omdat ons nou te-moer-in-gone bly vlieg ek meer gereeld en raak die witkneukelvrees minder.  J is ook so rustig, mens voel half simpel om langs hom histeries te raak.  En toe ons eers in die lug was, en ek begin rondkyk, het ek besef die vliegtuig se binnekant lyk presies soos my ou laerskool skoolbus! Toe voel ek sommer beter en heeltemal tuis. Het selfs daaraan gedink om te kyk of die kougom onder my seat nog flavour het.

So al was die vlug shaky en turbulent en al die res, was dit nie so erg nie. Want in my mind was ek in die bus oppad huis toe met Doris se snackwiches wat vir my wag.

Die eiland self is heeltemal verwyderd van die Cuban toeriste siklus / sirkus. Die enigste toeriste wat dit so ver Suid waag is duikers. Want hier is awesome korale en stuff wat swem vertel hulle my.

Ek self het nie geduik nie. Ek het ge-lounge. Alleen op die mooiste beach in die hele wêreld.

Waar enorm, perfekte skulpe op die strand lê en fluister vir die see.

Ons het so paar dae gebly. J kon ‘n paar plonsies maak, en ek kon myself vervreet aan fried chicken met bone en rys. (Ek het toe nog nie geweet dis al wat ooit op die menu in Cuba is nie).

En ja, dit is die einste plek waar duisende Angolese studente (ek dink ook ANC uitgewekenes) in die tyd van die Rooi Gevaar studeer het. Hulle kon ‘n gratis Kommunistiese universiteits-opleiding ontvang as hulle bereid was om in die lemoen-boorde te werk. ‘n Tiepe kibboets stelsel. Vandaar die naam van die eiland: Isla de la Juventud – Die eiland van die Jeug.

Wonder waar is al die comrades vandag? Die boorde lyk bietjie oes en het ‘n snoei nodig.

Advertisements