Archive for November, 2009

Nou’s daar stront aan de knikker

Elke dag soek ek inspirasie. En dis ‘n pyn. Ek trust nie mense wat se hulle het ‘n muse op standby nie, want myne is flighty klein boggers.  Meestal is dit nogal ‘n storie om hulle te vind en skreeuend onder die duvet uittetrek. Maar partykeer land hulle sommer in my inboks. Soos nou die dag:

Ek subscribe aan die “Dutch Word of the Day” blog (http://dwotd.web-log.nl) en elke nou en dan stuur hulle ‘n killer Hollandse uitdrukking. Soos “Stront aan de knikker”. Iets soos “nou het die k@k behoorlik die fan geslat”. En hulle voorbeelde om die uitdrukking reg te gebruik is heel oulik. Soos: “Waarom fronst Frank zijn wenkbrauwen?” – “Waarschijnlijk is er ergens stront aan de knikker…”

So jy frons nie net nie – jy frons jou wenkbroue. Belangrike inligting die. Mens moet weet watter deel om te frons as jy nou eendag op daardie punt kom.

My ander daaglikse inspirasie is my “Bol Wol” Challenge. Ek het ‘n bol wol en elke dag probeer ek iets met dit doen. Van my pogings sover sluit in om die lelike geel gogga te verberg wat voor ons huis geparkeer staan.

Of om ons kersboom nog meer pienk en kitch te maak.
Van julle wat Joe ken weet hy is nie eintlik die kersboom-tiepe nie. Veral nie die pienk en silwer kersboom-tiepe nie.
Ek dink Joe het dit reggekry om tot is sy voetsole te frons toe hy ons kersboom 2009 sien. Ek vermoed nou’s daar stront aan de knikker…
Advertisements

As Mohammed nie na die berg wil gaan nie…

Dan kom die berg na Mohammed!

Kliek regs en subscribe dan arrive my blog sommer in jou inboks.

My 30m2 reality

Mense vra my gereeld hoekom ek hier bly. Dis dan koud en duur en ek ken nie rerig mense nie. Ek het vanoggend 30 meter gaan stap en afgeneem wat ek sien.

Daar is ‘n veld vol herte om die draai van ons. Dis ‘n kudde met wyfies, die mannetjies lyk nes Santa se sleediere met ‘n stel verskriklik imposante horings.  Ek weet nie waar hulle mannetjie is nie. Ek dink hy is in training vir Kersfeesnag.

Langs hulle woon hierdie tweetjies…

Hulle is baie territorial. Toe hulle my sien het hulle nader geswem en erg begin blaas. Hulle like dit nie as mens hulle afneem sonder om deur hulle agent te werk nie.

Meneer Reier hang uit saam met die eende. Ek kry die idee hy is baie vain. Hy staan altyd by die kant van die water en kyk vir sy eie refleksie. Of miskien is hy net alleen. Jy weet eende is mos nie reiers nie…

Omdat hier baie water is en omdat ons eintlik maar in die platteland woon, is hier ontsettend baie lewe. Elke oggend so 8 uur kom ‘n kletterboel seemeeue om te wei op die grasperk oorkant ons.

Die seemeeu weivelde oorkant ons huis (minus die meeue)

Dis amazing. Hulle begin aan die regterkant van die grasperk en loop in ‘n lyn en pik-pik tot aan die ander kant.  Dan vlieg hulle weg. Soos klokslag oppad hawe toe vir ‘n snack van rivierkreef en vertrapte pepernote na Sinterklaas se arrival.

Sinterklaas en sy Swarte Piete

Ek het finally uitgefigure hoekom die Nederlanders so behept is met Afrika. Dis Swarte Piet! Hy bring elke jaar vir hulle presentjies!

sinterklaas2016-10-0620kasteel2000120118

Hier is dit nie Kersvader nie, maar Sinterklaas. Hy kom elke jaar uit Spanje, en hy bring vir die soet kinders presente saam. Die stout kinders vang hy en prop hulle in ‘n sak om terug te neem Spanje toe. Waar hy hulle probably opgrind om Christmas pies van te maak…

Sinterklaas kom op die stoomboot, en hierdie naweek land hy in my eige Wageningen. Ek en duisende ander jillende kinders en mammas gaan 13:00 vir hom wag op die hawe, waar die Swarte Piete mense dan met pepernote gooi. (Nie seker hoe dit nou gaan werk nie…klink vir my soos good old-fashioned SAPS riot-control).

Sinterklaas se helpers is nie elfies nie. Hulle is Swarte Piete. Party mense noem hulle sy slawe. Ander mense se “Nee nooit! Dis mos rassisties! Hulle gesigte is bloot swart omdat hulle in skoorstene moet afklim om presente te deliver!” Iedergeval, die Swarte Piete soek die soet kinders uit, en as die kind ‘n skoen uitgesit het (en natuurlik ‘n wortel vir Sinterklaas se wit perd), kry hulle presentjies. Dit gebeur op “Sinterklaasavond”, die aand van die 5de Desember.

Sinterklaas is die basis van die “Santa Claus” figuur wat ons uit America oorgeneem het. Sinterklaas het saam met die Nederlandse immigrante na “New Amsterdam” verhuis (of New York City, soos dit vandag heet). En van daar af het hy verbaster tot die weergawe wat ons vandag ken.

Klein wereld ne? Ek vermoed hierdie naweek gaan heel pretig wees…

Daar is mense orals en hulle is nice

Laas naweek is ons Belgie toe. Ons mission – om vreemdelinge te gaan soek en onderskep.

As mens so ver van huis en haard af is doen mens vreemde dinge – soos gaan kuier vir ‘n naweek by toetale vreemdelinge. Dis iets wat ek nooit in my eie land sou doen nie. Maar desperate times call for desperate measures…en toe ek hoor van ‘n stel SA’ners net oorkant die grens kon ek my nuuskierigheid nie stuit nie. Ons moes gaan kyk.

Die aand voor die tyd het ek lekker nervous begin raak. Bietjie soos voor ‘n blind date. Se nou ons kom glad nie oor die weg nie?  Se nou ons baklei al in die kar oppad weg van die treinstasie af? Se nou se nou se nou…

Die enigste ding wat mens kan doen is om te gaan en te hoop vir die beste. Net so. En ons het defnitief die jackpot geslaan met die twee: Carla en Gary is van die niceste, sweetste, funnyste mense die kant van die ekwator. In twee dae het hulle ons Brussels, Mechelen, Antwerp en Leeuwarden gewys. En alles vertel van Belgies-wees. Wat ‘n oog-oopmaker. Ek het geding die Belge en Nederlanders sal om-en-by dieselfde wees. Maar twee meer uiteenlopende kulture kan ek myself nie voorstel nie.

Belgie 009

Dit is amazing hoeveel geesgenote daar om jou is. Mens moet hulle net vind – jy hoef nie alleen te wees nie. Party neem net bietjie meer tracking om eers op hulle spoor te kom.