Archive for Oktober, 2009

Nederlands leer en klaar

Na 10 maande lank om die issue skirt het ons met taallesse begin. Want genoeg is genoeg. Ek word verstaan…kinda….maar in die “Smile-maar-eerder-vir-haar-anders-raak-sy-dalk-geweldadig” manier. MOER TOE met dit. Nou sit ek elke dag en leer die verskil tussen my heb en my hebbe’s en my kont en my bille.

Ons Nederlandse klas is soos ‘n Noag’s Ark van vreemdelinge. Daar is twee chicks uit Peru, ‘n paar uit Roemenie, ‘n handvol Duitsers en ‘n verlore Fransdametjie. Om Nederlands met ‘n stoere Duitse aksent te hoor is histeries. En Nederlands in ‘n Franse aksent! He he he he. Maar voordat ek begin giggel dink ek aan hoe ek vir hulle moet klink. Dan sluk ek maar my giggel en luister vir die juffrou.

Dis vreemd om weer te leer. Met ‘n boek en alles. Veral ‘n taal – dieselfde vrese kom plotselings weer terug. Kon myself nie glo toe ek voor die eerste les teenoor Joe uitblurt dat ek net nie die dom kind in die klas wil wees nie. Dit kom van my Zulu-dae op universiteit – waar ek Zulu 1 drie jaar lank probeer het. Ek kon dit net blerriewil nie regkry nie. Weet net nie hoe om al die woorde te onthou nie. Kan dit simply nie begryp nie. Ek dink ‘n kind het ‘n soort spesifieke opvangs- en dreineringsbrein om taal te leer. En namate hulle die taal regkry sypel die taalbrein weg. Of spoel dit uit. Of verdamp dit. Of…

Anyway. Zulu101 drie jaar in ‘n ry het my geskend tot in my wese. Tot nou toe. Maar nou gaan dit nie meer oor petrol ingooi of die volkslied sing nie. Hier gaan dit oor doodsake. Oor die reg om verstaan te word PRESIES SOOS MENS DIT BEDOEL. Die reg om nie meer DAARDIE LOOK te kry nie. Die reg om ‘n grappie te vertel wat mense verplig om te lag.

Doodsake hierdie Nederlands-leerdery. Miskien ontkiem ‘n opvangsbrein weer as mens ‘n magical phrase raaklees. Soos ‘n protea moet brand om voortteplant. En ek bet jou die moedswillige phrase sit op die heel laaste bladsy van die studiegids.

‘n Nuwe lekkie verf

Vandag is Waardeer-Bietjie-SA-Dag. Ons het ‘n verfkwotasie gekry om ons huis klaar te verf (binne) vir die skamele bedrag van 3 450 euro. Dis omtrent R 40 000.00. Gee maar die 100-rand-‘n-dag-man ‘n ekstra sny lekker dik witbrood en jam. En ‘n lekker lang dankie drukkie.

We zijn verhuisd

Of so iets – weet nie hoe mens dit spel nie, maar weet defnitief hoe dit voel. Seer.

Die laaste week is ons besig om te trek – stuk stuk en sukkel sukkel. Ons plan was om drie dae lank te verf en twee dae lank matte en laminaat te laat insit. Die laminaat en matte is in, maar die verf…nou-ja. Wie sou nou kon raai hierdie ouens bou nie met bakstene nie.

Instede van lekker pamparra’s reveal die muurpapier-verwyder-mission sulke pragtige pienk plaster blokke. Wat DE?! Wat doen mens met julle? Hoe verf mens julle? WAT IS JULLE?  So nou dink ons voorlopig oor Plan B.

Daar was darem hoogtepunte die laaste paar dae – een van hulle was Joe se obsessie met die muurpapier. Vir dae het hy verbete geveg. Eers met pleistermesse, toe met water, toe met elektriese skuurapparate en toe met ‘n stoommasjien. En hy het gewen. Die huis is bevry en het sy muurpapierbooie in ‘n walm van stoom en ammoniak afgeskud. Geluk.

New house Sept 2009 014

Terwyl Joe met die muurpapier baklei het, het ek probeer verf. Bliksem. Ek mis Sergio My Verwer.

Day 1

‘n Ander hoogtepunt was die bure. Hulle is uitermatig aardig. Ons was nie ‘n dag hier nie toe stap die eerste familie oor met die laaitie wat vir ons ‘n prentjie geteken het:

Verhuisd

Schhweeeettttttttt! Ons woon nou defnitief in suburbia en eerlik gese, gee ek vir die eerste keer in my lewe nie eintlik om nie. Maar kom ons sien hoe die verwery gaan…

Fokkery google

Dis verskriklik hoe die lewe vir mens weghol. ‘n Hele maand since ek laas gepost het en in daardie tyd was ons al SA toe en terug. Thanks vir almal wat hallo kon se. Dit was super fantasties!

Nou terug het ons die naweek in ons nuwe huis ingetrek. Baie harde werk – met stoomapparate en grondverf en tapytverwyderaars en ander towenaars. En vandag gaan tentatiewe navrae doen oor die staat van honde sake. Ons enigste vraag – waar’s die pets dan? Die sign se tog “pet shop” op die venster? Vinnig lig die dame ons toe in dat dit illegaal is om pets in ‘n petshop te verkoop. En dat ons “fokkery” moet google…