Archive for September, 2009

Freefall

Is besig met ‘n moerse discovery van hierdie tegnologiese web waarop ons onsself bevind. Leer daagliks oor SEO en blogging en community en web content en online business. Net die kick in die pants wat ek nodig gehad het om uit my veilige kop te kruip. Watch hierdie space vir meer verwikkelinge…

Ander mense wat bietjie uitkom is kriminele in Belgie. Die Nederlanders love dit om die Belge afteripp oor alles. Van hulle treinstelsel wat nie werk nie tot hulle huisdekor. Gister op ‘n aktualitieitsprogram chat hulle weer oor hoe useless die Belge is na die 4de prisonbreak in Belgie hierdie jaar. Waarna hulle mention dat prisonbreak in Nederland nie strafbaar is nie. Dat elke gevangene die reg het om te escape as die hek byvoorbeeld oopgelos word. Maar as jy nou wel vir ‘n wandeling gaan moet jy jou volle vonnis uitvoer as hulle jou weer vang. Geen opgeskorte vonnis dan meer vir jou nie. Maar die escape self – solank daar geen geweld betrokke by was nie dra dit geen straf.

Nog ‘n interessante ding hier in Nederland is die opkoms van regse politiek. Nederland het tradisioneel ‘n trotse regse faksie in hulle politiek aanwesig. Maar onlangs het die okes van die regse PVV meer steun begin kry in byvoorbeeld die Europese verkiesings. Dis opsig self nie uniek nie – dit gebeur in ‘n paar lande in Europa.

Die Nederlandse PVV is lekker vocal en hectic uitgespoke teen “vreemdelinge”, spesifiek Moslems. Hulle view hulleself as beskermers van vroueregte en individuele vryheid – twee stemme wat mens in Suid Afrikaanse nie met regse politiek, maar eerder met die lefties associate. Politieke opinies kry verskillende name op verskillende plekke, maar die onderliggende haat is daar. ‘n Vreemde kultuur is ‘n bedreiging. Omdat dit vreemd is.

Ek dra ook ‘n “vreemdeling” klassifikasie hier. En nou met my soeke na werk was een agenstskap heel duidelik: Al waarvoor ek gekwalifiseerd is is produksielynwerk. Aartappels sorteer. So partykeer voel dit of ek freefall. Asof ek staties hang tussen hemel en aarde. Maar dan maak ek my oe oop en besef die grond kom nader teen ‘n moerse spoed. En dan moet ek besluit of ek die parachute gaan release wat alles oraait maak. Of oe toeknyp en aanhou float en fall, fall en float.

Die antwoord: Leer die blerrie taal properly. En intergreer properly. Word Hollands. Of Afrikaan.