Archive for Augustus, 2009

Grote Griep!

Ek het geweet dis net ‘n matter of time. En toe gister ontdek ons die volkleur brochure in ons posbus. Die offisieele A – Z van hoe om varkverkoue te verkom. “Zo houden we (ons) Grip of Griep”. Met sulke nat juwele soos: Vraag: “Wat moet ik doen als ik griepklachten krij?” Antwoord: “1. Neem rust. 2. Blijf thuis.”

scan0001

Ek is ontsettend bly ek betaal nie belasting hier nie. Maar aan die ander kant – wat doen mens met belastinggeld as die paaie, hospitale, parke en skole great is? As daar geen bedreigings of gevare bestaan nie? Create ‘n media snotstorm natuurlik!

Advertisements

Joe maak curry

En so betrap ek hom toe nou die dag in die kombuis.

Joe stir

Joe stir

Noudat hy ‘n paar dae op vakansie is kook hy. Lamskerrie non the less.

Die organisasie van ingredients

Eers word die ingredients gechop. Dan georganiseer. Dan mee gepeuter vir ‘n paar ure.

Die resultaat

Die resultaat

En die resultaat – beautiful lamskerrie teen R300 ‘n kilogram. Priceless.

Die reverse kolonialisasie begin

Hoe vreemd is die lewe nie. Na maande van sprakeloosheid ontmoet ons toe ‘n Suid Afrikaner in die bar. Ons kon ons ore nie glo toe die vent langs ons vir die barman vertel hy mis Castle Lager nie. Ons eie Afrikaan! Hier in eie geweste! Fantasties!

Die Hollanders is nie oor-vriendelik nie. Hulle is vriendelik genoeg, maar stel byvoorbeeld nie genoeg belang om jou oor te nooi vir ‘n chat en ‘n pancake nie. Hulle is nie spontane mense nie. As spontaan ‘n boot was  het hulle miskien selfs afgeklim. So die afgelope paar maande was maar alleen. Ek het ‘n vrywilligersorganisasie gejoin waar ek ‘n paar potensieele lekker mense ontmoet het, maar hulle is skugter. Miskien skrik hulle vir ons. Miskien ruik ons nie soos kaas nie. Miskien is ons te loud of probeer ons te hard. Miskien is ons net irriterend. Miskien is dit net te veel moeiete. Hoe dit ookal sy – na agt maande hier het ons nog nie ‘n vriendelike chat gecrack nie.

Tot Vrydagaand. Na ons met die Suid Afrikaner begin tongerol het die hele bar ingeklim. Die barman pop toe sommer Paul Simon se Graceland in the CD player en dit ontaard in ‘n kontinentale partytjie. Ek het lang sinnelose sinne pidgin AfriDutch gepraat waarop die hollanders net sulke lang sinnelose sinne Dutchlish geantwoord het. ‘n Ou man het vir ons ‘n appel gegee. Ons het iemand se slap chips geshare. Dit was soos om terug te wees in The Bo.

Na ‘n laataand Turkse pizza en met ‘n lied in ‘n dronke hart was dit fiets na die volgende plek. Ons bekyk hierdie spesifieke plek al ‘n rukkie vir sy “local” potensiaal. Dis iets wat ‘n mens moet he as jy probeer inskakel –  ‘n local joint. Waar mense jou naam ken en sommer weet wat jy gaan bestel. Maar daar word ons toe ingewag op ‘n meneer Dutchman wat dit op homself neem om ons in detail te vertel wat fout is met Suid Afrika, al weet hy nie lekker waar dit is nie. En aanhou shots horrible genever in ons kele afjaag tot sy loud, blond, opinionated, blunt self te veel word en ons vlug.

So die soeke na ‘n local duur voort. En dis moer lekker om te weet dat daar nog ‘n Suid Afrikaner in ‘n 20 km radius is. En dat conversations wel gebeur tenstryde van verskille. Miskien self because of them.

Wacken vir Suid Afrikaners

Oi joi joi joi joi. Kan nie glo ons het dit oorleef nie. Daar was tye, gewoonlik so vier uur in die oggend, wat ek rerig getwyfel het.  Ek het in die tent gele en die dimentia voel insluip deur my kloppende oordromme. Ons was maklik een kilometer van die groot stage af en my bors het steeds geskud van die base.  Miskien is ek net te oud vir hierdie nonsens.

Wacken Open Air in Duitsland is al 20 jaar aan die gang en is tans die grootste metal festival op aarde. Hierdie keer was daar 70000 kaartjies uitverkoop. Jou kaartjie  gee jou automaties toegang tot die kampplek, so daar was seker net soveel kampers. Alle kos en drank is daar te koop en nie een keer moes ons wag in ‘n ry nie. Skoon toilette en warm showers. Dis mos hoe Duitsers dit doen.

Joe was in sy element, ek was bietjie uit my diepte. Maar aan die einde van die naweek het ek at least al geweet watter tiepe metal ek van hou en wat maar my aggressief. En genuine, dit doen! Sekere tiepes geskreery maak jou lekker bezerker kom ek toe agter. Maar gelukkig was daar death -, real-, black -, new-, medieval – en speed metal stages, so meer as genoeg shades of metal om van te kies.

Wat nogal interesting was die Medieval slant op die metal ding. Daar was ‘n hele Viking Village met vleisspiese en maidens en “meth” en die hele toetie. Dit was my favourite deel van die kamp. Daar was altyd spelletjies en stoeiery en chaos en mense wat lag. Die metal wat daar gespeel het het so lekker Irish / Scottish / German folksong slant. Lekker harde partytjie, lag en skree musiek.

Verder het ons ook ‘n insiggie of twee op die Duitse werkersvolk gehad. Wat ‘n klomp groepsdiere. Almal se hand soos een mens in die lug voor die stage. Almal antwoord op randomly uitgebassuinde krete. Eintlik ook ‘n lekker klomp sifgatte as mens kyk na die rubbish en piss orals. En dit terwyl die toilette so mooi is mens kan jouself daarin verloor en verbeel jy’s in beskawing vir ‘n rukkie.

Vier dae van vuil swart klere en moedige gemoedelike gemoedes. En baie lekkerder as wat ek verwag het, danksy meneer Raserige Musiek Fiend Joe. Maar steeds ‘n once in a lifetime ding, dis verseker. Been there, done that, burned the t-shirt.Wacken 2009 164