Archive for Junie, 2009

Life line

He he he! Het weer besef ons bly in ‘n HEEL vreemde plek. Daar was nou-net ‘n tv ad vir ‘n “Life Line Reader”. Die ad roep jou na die tv skerm om jou hand plat op die screen te plaas. Na ‘n paar snaakse calculating momente vertel die stem: “Reg so! Ons het jou lewenstydlyn bepaal. Vir die resultaat, sms jou naam na 2020.” Awesome! Ek hoop mense val hiervoor. ‘n Mens verdien om ryk te word as jy so blatant is.

Nog ‘n vreemde geval: Onlangs is ‘n pedofiel vasgetrek. Dis nie wat vreemd is nie.  Hy was die eienaar van ‘n swemskool, waar al die insidente gebeur het. Siek. Maar tog word alle nuusberigte van voor sy huis uitgesaai. En natuurlik is die bure volgende op die nuus met hulle complaints oor privacy issues, brandmerking ens. So wat doen die lokale grapmakers? Hulle sit ‘n ou voor Meneer Badguy se huis met ‘n witbord en ‘n megafoon. Op die wit bord is ‘n pryslys: “Vrot eiers – 1 euro per stuk”. “Bakstene – 2 euro per stuk. “Teer en veer – spesiale offer – 5 euro per stel”. “Brandbomme – 5 euro elk”. En dan film hulle wat gebeur.

En toe gister. Toe ek gister die woord “verloofde” uiter bars ‘n hele tafel vol Nederlanders uit van die lag. Voor dit was dit “trok”, en voor dit “trollie”. Dis verskriklik erg om vir jouself te probeer lag as jy gedink het jy’s doodserieus. Etters. Wat nie ‘n vloekwoord hier is nie so ek mag.

Advertisements

Romulus en Remus

Twee dudes en hulle epic struggles met beskawing. En toe is daar Rome.

Man…hoe is dit possible om sulke stuff te bou? Hoe doen mens dit? Letterlik? Hoe werk jy uit hoeveel die onsigbare curve moet trek om die hele pantheon bo te hou? En hoe kry jy ‘n duisend mense om saam aan ‘n granietblok te trek?

Rome 053

Die rede vir die trippie was dat liefste Ilse en Klarli in die area was, so toe pop ons gou oor om hulle te ontmoet vir ‘n pizza.  My eerste pizza op Romeinse bodem het bestaan uit zucciniblomme en kaas. Onmiddelik neem mens sommer die hele Italiaanse cliche in heroorweeg. Ek bedoel pizza sonder tamatiebasis? Hoe kan dit dan?

Rome 211

Die mense is amazing, verskriklik vriendelik en smiley. Harte so groot soos hulle karretjies klein is. En die toeriste…Eish. Maar dit is tog die Vatikaan en dit is die Colloseum so mens moet seker maar que saam met tienduisend amerikaners om optebou na die eventuele koelte en asemsnak-impak as jy opkyk na die Sisteinse Kapel. (Hulle bou vir ‘n paar honderd jaar daaraan en ek is te lui om te google hoe spel mens dit. Sies).

Vir my was die mees amazingste van die paar dae daar ongetwyfeld Palantine Hill en Forum Romana. Dis ou, ou ruines langs die Colloseum van paleise en tuine met marmer wandelwee en fonteine in die stof.    Die Colloseum self  is oorgetrek met toeriste wat wriemel soos miere op ‘n dooie mot. Amper te erg om te hanteer. Maar “when in Rome”…so mens doen, jy staan in die ques en jy sien hoe ancient civilizations ons sin ore aansit.

‘n Ander hoogtepunt was Joe se 4 dae lange wetenskaplike ondersoek na die beste gelato in Rome. Van whiskey en champagne flavour tot choc, truffle, peer en piesang, ons het elke dag genadeloos ‘n paar gelato’s uitprobeer. Gelukkig het ons die plekkie opgespoor wat jare al die beste gelato in Rome kompetisie wen, so toe kon ons rus in ons strewe. Net betyds of ons was heeltemal uit geicecream for life.

Maar die lewe draai nie net om prettige vakansies nie, so dis terug by die werk. Joe se werk is besig: groot projekte in die pyplyn. My werk gaan goed: my para-sci-fi is klaar en submit en verder is dit scrounge vir freelance.

En ja….na 6 maande hier mis ons almal nog meer as ooit. Mens word miskien wakker in die ewige stad, maar mens mis ewig jou familie en vriende.