Archive for Mei, 2009

Mense en teesakkies en honde en hulle dinge

Ag hoe lekker om te chat! Cath en Marius het kom kuier en ons het ‘n heerlike dag spandeer in Arnhem.  Sewe en twintig grade met lekker vreemde rose bier en later ‘n spektakulere balletvertoning. Bloedbloedjong dansers wat op Laurie Anderson en Nina Hagen express. As seker een van die oudste westerse performanceartvorme is ek na gisteraand oortuig dat ballet vir nog eeue gaan exists. Dink dis essensieel. 

Ek dink deesdae baie aan die langdurigheid van dinge. So baie dinge het weggeval wat ek nooit denkend sou opgee nie. Dinge wat ek altyd as onherroepelik deel van myself beskou het. Soos ‘n kar. Simpel ek weet. En koffie. En die waarmerk van ‘n career en geld. Respek van vreemdes. Die reg om verstaan te word. Dinge wat ek gedink het is broodnoodsaaklik bestaan nie meer nie. Hoe is dit moontlik? Kan ‘n mens verander of word een deel van jou wese tydelik opsy gestoot sodat iets anders kan groei? Of snoei mens net aan dit wat anyway uitkom?  

Is dit alles net bullshit as mens bloot survive? En die feit dat mens enigsins hieroor sinnebeeld ‘n luuksheid wat slegs ‘n vol maag kan bekostig? Moet mens regardless?   

So is ek gister gelukkig genoeg om die dag saam met die twee filosowe te spandeer. Regte filosowe, nie die rooiwyntiepe wat in walms drank en hulle eie koppe rondsirkel nie. En toe draai die conversation na presies hierdie ding – kan ‘n mens verander. En moet hy of sy? Moet mens selfhelp boeke lees en jou persoonlikheid uit ‘n katalogus probeer kies? Of moet mens jou essensie verstaan en aanvaar al hou jy nie daarvan nie? Nie dat ons konklusie bereik het nie, maar dit was lekker om te luister hoe doen die professionals dit. 

Dinge wat nog nie vir my verander het nie is my need vir Ms. Balls en Vyf Rose. Die hollanders se teegewoontes is afskuwelik. ‘n Teesakkie kry een versuip in louwarm water en dit is dit. ‘n Insult vir enige trotse teeblaar. ‘n Teeblaar moet trek! Dis mos sy ding!

Verder soek ek steeds ‘n hond. Mense vertel die honde hier eet spesiale kos wat hulle net twee keer ‘n dag laat poep. En dan vat mens hulle mos uit na die publieke grasperke waar suid-afrikaners daarin kan trap. Ek kan dit nie glo nie – te vreemd die idee dat ‘n hond in die huis moet bly. Dis mos nie hulle ding nie. 

Mense en teesakkies en honde en hulle dinge en snaakse gedagtes op sondae oggende. Lekker in die son met ‘n koppie Vyf Rose.

Advertisements

Land van die boheme

“Bohemians are the people of Bohemia, in the Czech Republic, inhabitants of the former Kingdom of Bohemia, located in the modern day Czech Republic.”

Die wiki inskrywing verduidelik alles. En niks. Hoe verduidelik ‘n mens ‘n nasie boheme? En hulle strawwe en bomenslike strewe om goddelikheid uit te beeld?

Na ‘n lang naweek in Prague tingle die senses en juk die brein. Die plek is magies. Eventueel word asemrowende geboue soos olifante in die kruger, mens haal nie eers meer jou kamera uit nie. Kerke wat in die 1300’s gebou word om in 1960 voltooi te word. ‘n Hele berg vol kastele, die grootste kasteek kompleks in die wereld.  Aandetes van knoedels en gammon, afgejaag met Becherovka kruie snapps en swart bier. ‘n Show by die wereldberoemde Laterna Magika waar ballet, droom en levitasie een word. Begrafplase waar lae op lae dooies in die koelte rus, tot nog ‘n skepvol aarde die volgende ou op jou maag kom plant. Boheemse Kristal en marionette, bitter mooi vroue en koue soet bier.  ‘n Man met net ‘n tiervel onderbroekie aan op sy fiets oppad iewers heel waar tiervel onderbroekies black-tie is. Pilsners op ‘n raft op die Moldue terwyl die 9-uur-die-aand-son jou steeds probeer sonsteek gee. 

Ons is gelukkig genoeg om te glo 850km is nie ver nie. So toe ry ons gou deur oos Duitsland Tjeggie toe. Roadtrip met drop en biltong – so doen mens dit SA style in die oosblok.

 

Weird beeldjies

Weird beeldjies

 

Dansende geboue op die Moldue

Rus

Ietsie te ete

Ietsie te ete

 

Dansende geboue op die Moldue

Dansende geboue op die Moldue

En vir die Ingelses…

Check out my monthly English blog on http://www.nlplanet.com/blog, click on “Lizelle in NL”

Oorlog in Europa

In Suid Afrika bestaan 5 Mei nie. Wel dit bestaan, maar dis net nog ‘n wasdag of gymdag of werkdag. Hier is dit die dag waarop Europa gesave is. 

In Suid Afrika is die Tweede Wereld Oorlog iets akademies. Hier is daar pleine in elke dorpie met die name van die gesneuweldes. Kranse word gele en mense word onthou. Op 5 Mei elke jaar herdenk hulle vryheid. Die konsep van Vryheid. Dis nogal profound. Die aand voor die tyd stop die hele land vir 5 minute. Dan gedenk hulle die mense wat dood is met 5 minute van stilte. Geen tv of radio uitsendings nie, geen karre op straat. Mens kan imagine dat dit so moes klink net voordat die bomme geval het.

Die volgende dag is daar bevrydingsfeeste in elke groot stad. Rock konserts, partytjies, optogte van veterane. Die dorpie so 5km van ons af is Wageningen – pragtige universiteitsdorpie. Dit is waar die vrede gesluit is, so ons dorpie het die grootste van al die feeste gehost.

Ek is na Wageningen om die optog te gaan kyk. Het nog altyd gedink ek hou van oorlog. Het dit bestudeer met ‘n morbiede fassinasie. Maar toe ek die rye krom ou omies gebuk sien sit in gepanserde jeeps kon ek die trane nie stop nie. Vandag is hulle oe waterig blou. Maar wat hulle al gesien het met daardie nat ou oe en wat hulle gedoen het met daardie lewervlek rumetiekhande kon ek skielik nie face nie. Stadig trots en ernstig het hulle die juigende skares gesalueer terwyl Engelse en Amerikaanse bevrydingsliede deur die orkes gespeel word (“Pack up your troubles” en “Happy days are here again”) . Blomme gegooi vir jong meisies. Dis is seker een van die mooiste en hartseerste dinge wat ek al gesien het. Goddank ons was nie daar nie.  

Anyway, trane afgedroog en gaan partytjie! Die Wageningen Bevrydingsfees was ongelooflik. Imagine dit: ‘n heavy metal stage (met die uitstekende naam “Kabaal en Gemaal”) regs langs ‘n crack beat trance stage met ‘n blou dinosuar op die decks, langs ‘n world stage (dink gypsy punk en Arabiese triphop) oorkant ‘n big band blues stage, langs ‘n pop stage met die nuutste Idols wenner. Dis mos die gees van bevryding! Die mees diverse mense omarm in celebration. Ons monde het oopgehang. Daar was hippies en rastas en punks en goths en new age tribes en ou mense en kinders almal deurmekaar, besig om te partytjie in die reen. United in vryheid.

Koninginne en ander malles

Wat ‘n prettige lange naweek. Dit het begin met ‘n pre-Koninginnedag party met….drum roll…Meneer Chris Chameleon. Hy was hier op die eerste been van sy Nederlandse toer. Wat ‘n eg vriendelike knaap is hy nie! Het sommer vir Joe vertel hoe mooi wit sy tande is. Genuine, sommer so uit die bloute. En ja, Joe se tande is absurd wit. 

Menner Chameleon Sir

Meneer Chameleon Sir

Die volgende dag, Donderdag 30 April, is die hele Nederland tot stilstand geruk deur ‘n aanslag op die queen. Koninginnedag is tradisioneel ‘n groot partytjiedag. Almal trek oranje aan en gaan speel met hulle kinders en honde in parke. En toe besluit so mal moer dis die queen se skuld dat hy sy werk verloor het en dat sy en haar familie moet sterf. Dit was weird – ons was besig om ‘n vieslike hangover te nurse toe ons die crash op TV sien. Live no less en op ‘n lee maag. Die funny ding was dat ons oorweeg het om die optog van die koninginsgesin te gaan kyk since dit in die dorp langs ons gebeur het. Skielik net mense wat vlieg en koninklikes wat gil. Sewe mense sterf toe die kar van agter in hulle inploeg. Die royals survive. Elke land het maar sy kak, sommige se “thin veneer of civilisation” is net dikker. 

Maar op ‘n ligter noot – Op May Day het ons knoppe en bolle gaan soek en selfs op die Noordsee afgekom! Tulpevelde is adembenewend – alhoewel die blomme eintlik die bysaak is. Die geld sit in die bolle. So die flashy velde is eintlik net die marketingcampaign en as die stropers kom word die blomme carelessly in die landerye vertrap. Nikswerd. Net ‘n drain op die precious reserwes ondergronds. Maar wat ‘n campaign is dit nie! Ek was nog altyd ‘n sucker vir advertising.  

Tulpe 

tulpe4

Die res van die naweek het ‘n hele reeks wonderlike surprises gelewer. So asof die landjie rerig wou uithaal en wys na die Koninginnedagfiasko. So het ons toevallig op ‘n oud-Hollandse perdespeletjie afgekom in ‘n cute klein Zeelandse dorpie genaamd Koudekerk. Met “Ringry” kom al die jonges en meide in die dorp bymekaar en bestorm met hulle perde ‘n ring so groot soos ‘n golfbal. Die idee is dan om die ring met ‘n lans te skep en so punte te wen. Honderde foto’s van die perde se asses geneem – hulle sterte en maanhare word soos My Little Ponies gevleg. Nie eintlike enige foto’s van die charge geneem nie maar dit was amper so interessant soos die gatkant van die storie. Is dit nie maar gewoonlik so nie?    

ringry

Verder windmolens gaan kyk en nervous in Delft se keramiekwinkels rondgeskuifel. In short – ‘n vier dae crash course in the unbelievable dutchness of being.    

Molens galore