Archive for April, 2009

Nederlanders verklaard

'n Tipiese ouderwetse huise met 'n tipiese kanaal

'n Tipiese ouderwetse huise met 'n tipiese kanaal

Ons was die naweek by die Arnhemse openlucht museum. Gedink dis ‘n mooi Hollandse manier om van poep te praat  maar dis toe inderdaad wragtig ‘n museum wat buite is. Soos Gold Reef City maar net rerig. Elke 600 jaar oue geboutjie en meule wat in die pad van ‘n freeway gestaan het is dismantle en op die site herbou. Steen vir steen. Gin wonder die mense kan die see terug hou nie.

Versameling busbusse

Versameling spaarbusse

‘n Deel van die museum huisves vreemde versamelings. Soos Joe se spaarbussies (bo). Hulle noem dit “dingenliefde”. Dis plain common hoarding! Ek is konstant verstom hoeveel kak eintlik op ‘n nederlandse vensterbank kan pas.

Klompe klompe

Klompe klompe

Uiteindelik die 21ste eeu betree.

Met heeltemal te veel tyd op my hande het ek besluit om die 21ste eeu te probeer. So op dese oomblik is hierdie blog my manier om met vriende en familie in touch te bly, om met mense te praat en om gedagtes te deurdring. So welkom! Hulp en tips hoe om hierdie ding eintlik te gebruik is meer as welkom. So skiet op jonges. Laat julle hore!

Eerstens ‘n update – dit gaan baie goed met ons in Nederland. Lente is presies so spektakuler as wat mense geskimp het. En met die aanwins van ‘n super mooi nuwe pers hollanse fiets (dankie bebe!) is die lewe ‘n vlugvlietende lied.

Op die werkfront gaan dinge ook voor die wind. Is besig om daagliks freelance kontrakte na te jaag soos ‘n staffie ‘n nat tennisbal. En skryf ook (alweer) aan ‘n snakroman – hierdie keer ‘n lekkerbek paranormal thriller. Groot pret en hou my uit die moeilikheid.

En wat ‘n wonderlike vakansie was dit nie in Suid Afrika nie! Het weereens net besef hoe verskriklik amazing die mense in my lewe is. Die hele lot van julle. Elke verrassende nuwe opinie, elke ou crack wat stubbbornly weer wys, ek het dit gemis en mis dit sommer al klaar weer. Dis waar wat iemand my vertel het voor ek getrek het – mens maak miskien weer nuwe vriende (en mens moet), maar mens maak nooit weer ou vriende nie. Ou vriende raak net beter met tyd. Soos goeie wyn. Al is ons klomp partykeer meer asyn as wyn.

En die Smitte! Legends. Elke dag besig om ‘n groter draak se snaai. Elke dag ‘n nuwe stryd om aan te pak. Wat sal ons wees sonder dit? Sal ons ooit eendag tot ruste kom? Hoekom wil ons in elke geval – die lewe is daar om aangeval te word en verwoed te oorwin! Soos Vikings! Ra! Sien wat ‘n bietjie Nederlandse son op ‘n mens se skende doen? Maak mens vreesloos! Kom ons gaan koloniariseer ‘n land! Of sommer ‘n kontinent! Ja! Raaaa!

So gepraat van die freaky-ass Nederlanders. Hier is ‘n tradisionele Nederlanse dis. Vat spinasie (of boerenkool) en gooi dit in ‘n pot. Vat ‘n heel gerookte wors en gooi die bo-op die blare. Kook alles vir 10 minute en geniet. Nou ja.