Voetbalfever

Deesdae voel dit asof ons in SA bly. Van Luxumbourg tot Schiermonnikoog – dis Afrika en Suid-Afrika net waar jy kyk. In Action (die Nederlandse ekwivalent van Crazy Store) verkoop hulle vuvuzelas vir minder as ‘n euro per stuk. Up Yours FIFA! Nie dat enige iemand dit juis kan speel nie…

TV advertensies feature ons stadiums, wildlife, selfs “traditionele” Afrika danse soos Disky. Hier was tot ‘n Disky dans kompetisie gehou! Nog nooit het die kaaskoppe so gatgeskud nie!

Elke tydskrif waarin mens blaai het iets oor die land. Soos ‘n onlangse artikel oor hoe Afrikaans ontstaan het: Toe nou nie die vereenvoudigde versie van Nederlands wat ek gedink het nie. Die standaard Nederlands wat vandag gepraat word het eers jare later ontwikkel. Afrikaans kom van die Suid-Hollandse dialek wat in die Kaap geland het. Soos twee diere wat uit een voorvader evolve het, sê hulle. Fassinerende stuff. Om ‘n pdf van die artikel te lees, klik hier: Afr Taal artikel

Oor die algemeen is die beeld van Suid-Afrika baie positief. Suid-Afrikaners word uitgebeeld as mense met huge smiles en bright klere. Ons lyk in ads wel bietjie Caribbean maar wie gee om – ons is hot en happening en Europa is aan die brand met voetbalfever: SA Style!

In 'n speelgoedwinkel in Luxumbourg

3 responses to this post.

  1. Oulike inskrywing, dankie vir die PDF! baie interessant en lekker om te lees hoe die ander ons sien, moet se, dis nogal waar as ek na die Ingilse kyk…hulle smile maar min…nors mense teenoor die SA-ners..dink dis die weer wat hulle hier aantas. :)

    Reply

    • Posted by LS on Mei 5, 2010 at 6:16 vm

      Thanks vir die comment! Dis my teorie: Mense in warm plekke is warm en mense in koue lande in koud!

      Reply

  2. O fok, ek beter gaan bright klere aanskaf voor al hierdie mense hier opdaag! :lol:

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.