Bolle kleur

Haal asem. Haal asem. Haal asem.

Twee vriende is dood in twee weke. Die pyn is oorweldigend. Daar is geen antwoorde nie en daar sal nooit wees nie.

Terug in Suid Afrika om dinge te reel. Lewenslyne te sny. In te kort. Skielik moet besluite geneem word wat jare lank afgestel is. Hoe raak mens so verstrengel in die lewe? In beloftes aan banke?

Die foonoproepe wankel tussen bribery en dreigemente. Maar tog is daar die vryheid om te kan baklei in my taal. In Nederland vermy ek konfrontasie want my woede en frustrasie word misverstaan. My taal is grappig. Lief. Kinderlik. Hier in SA praat ek die taal van die land. Daar is geen misverstand nie. Hier word ek verstaan.

Tog mis ek my aanneemland. J vertel die bolle het deur die swart grond begin beur. Ontploffings kleur. Smartie landmyne. Ek mis die sneaky son wat elke dag se vars sneeu smelt. Wat ‘n spierwit oggend verander in ‘n grasgroen middag. Ek mis J.

Ek weet nie hoe die pad vorentoe lyk nie. ‘n Pad wat jy stap verander in ‘n foonoproep. Ek hoop mense lag weer en hoop weer. Ek lag al maar dan kom die skuld. Hoe kan mens lag as alles verander het? Dis die ergste – die skuld gevoel oor die mooiste dinge.

3 responses to this post.

  1. Posted by Ilse on Maart 12, 2010 at 9:46 vm

    Ja blommetjie,
    ongelukkig is daar nie veel wat ‘n mens kan doen nie…
    Soos met alles, moet ons nou maar net uithou en aanhou. Elke dag word jy wakker met nuwe krag – en jy kan net een dag deurkom daarmee. Moenie oor more worry nie – dit sal weer vir homself sorg.
    Maar weet jy is gelief, en mense help graag (waar hulle kan)! As ons kon, sou ons jou help dra aan hierdie sak sout!
    x x x x x x x x x x x

    Reply

  2. Om iemand te verloor is nooit maklik nie, maar mens kom daardeur met tyd!
    Baie sterkte!

    Reply

  3. Ag vriendin, laat ek jou sê die skryf daaroor is ‘n goeie begin MAAR jy weet natuurlik ek is net ‘n oproep weg nê! Die lewe is soos daai tulpe wat elke jaar weer onder daardie grond uitbeur!

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.