Weet nie van jou nie, maar ek het nog nooit ‘n regte kommunis gesien nie. En toe gaan ons Cuba toe.
Deurmekaar en over exposed het ons die aand op Havana lughawe aangekom. Die rit na die hotel was mal – tipies taxi-mal soos mens net in die derde wêreld kry. Na ‘n vinnige onderonsie met die hotel mense (nie geweet mens mag nie toiletpapier flush nie), het ons die strate geslat vir ons eerste shot Havana.
Die Havana locals noem hulleself Habaneros. En hulle is nogal pittig. Luid en vriendelik met baie soentjies en skouer drukkies vir mekaar. Die stad self is ook awesome. Eeue oue geboue lovingly gerestoreerd vir die benefit van die toeriste. Want vandag is Cuba se grootste geldmaker nie Che posters of suikkerriet nie, maar toerisme.

Een van die pragtige pleine in Havana - perfek gerestoreerd van voor, met die geboue agter wat inmekaar tuimel.
Maar dit was nie altyd so nie. Na die val van die USSR in die laat 80′s het Cuba deur ‘n “spesiale tydperk” gegaan. Eensklaps het hulle oliepyplyn uit Rusland opgedroog, so ook die geld en ontwikkeling wat deur hulle buddies voorsien was. Alles het gestop. Binne ‘n paar weke het die hele land letterlik tot stilstand gekom.
Die Castro reaksie was tipies: Sluit die grense, blameer Amerika en gee meer rum. Mense praat vandag nog oor ‘n tipiese ontbyt in daardie dae: Suiker opgelos in water.
Die deursnit Cubaan het een derde van sy liggaamsmassa verloor. Maar hulle het dit gemaak. En opgemaak since then as mens kyk na die welige heupe…
Die gevolge van die spesiale periode was divers. Volgens die WWF is Cuba is een van die mees sustainable lande op aarde omdat hulle nie meer so afhanklik van petrol en diesel is nie (http://www.ecosherpa.com/news/cuba-only-country-with-sustainable-development/).
Maar ongelukkig het die groei in toerisme wat hulle gat gered het in die “spesiale tyd” ‘n tweede ekonomie gekweek wat ongelooflike stratifikasie veroorsaak. En dit in ‘n “klaslose” samelewing.
Daar is twee geld eenhede in Cuba: Een vir toeriste (covertables of CUC) en een vir die plaaslike bevolking (peso’s). Daar is 24 peso’s in een convertable. En dis nie verregaande om te sê dat meneer toerist 24 keer soveel betaal vir iets as plaaslike jaap nie.
Alle mense kry ‘n plek om te bly, gratis onderrig en gratis mediese sorg. Almal kry ‘n rantsoen basisgoedere maandeliks van 3 kilogram rys, 3 kilo’s suiker, 6 eiers, 7 brode, 115 gram koffie, 1.5 kilo gedroogde ertjies en 230 gram soja. Ook ‘n streep seep vir wasgoed en menswas. Vleis moet jy self koop en melk is slegs vir kinders.
Almal verdien om en by dieselfde (in dollar waarde at least): van die dokter tot die onderwyser tot die busdrywer kry die government vasgestelde salaris van tussen $20 en $30 (US) per maand. Almal kry dieselfde, want almal is mos gelyk.
Maar met die toeriste ekonomie maak ‘n bedelaar in Havana meer in ‘n dag as ‘n dokter in ‘n maand. Almal scramble om CUC Convertables in die hande te kry, so mens word nogal gepla op straat (meer as by byvoorbeeld ‘n Centurion robot, maar minder as by Grayston offramp).
Ook binne hotelle en ander toeriste hang-outs word vele interessante planne bedink vir die maak van ‘n fooitjie.
Maar Havana is so charming en weird mens vergeet vinnig van jou middelklas hang-ups. Veral na die eerste mojito. Daar is rum in alles op die drinksmenu, selfs in die (mint en rum) don pedro’s.
Maar steeds is Havana kuier harde werk. Ver loop deur Libanon-esque strate, brandmaer honde en blêrende musiek uit elke gebou. Ook bittermooi geboue in style wat herhinner aan Cuba se verre verlede. Van Spanjaarde, Engelse en Hollanders, seerowers en skatte, suikkerbaronne en Afrikane wat almal op een of ander tyd Cuba hulle huis genoem het. En saam geplant het aan die nuwe nasie.
Volgende update: Isla de la Juventud – die oorspronklike “Treasure Island”, en die leerskool vir duisende van ons rooi-minded Angola bure.



Posted by demoerin on Januarie 29, 2010 at 5:36 vm
Ek kan nie wag vir Deel II nie.
Ek het nie geweet hierdie mense kry almal staatsalaris nie. Sjoe.
En is die karre regtig almal sulke ou modelle?
Posted by Lizelle on Januarie 29, 2010 at 1:20 nm
Ongelooflik om hulle te sien – voel of mens op die set van Grease is. So 40 percent is beauts uit die 50′s, die res is Lada’s en diverse pavement specials. Wat ‘n combo…
Posted by kaalvoetinireen on Januarie 29, 2010 at 12:00 nm
Klink na ‘n weird en wonderful plek wat ek graag sal wil sien! Hier in Korea is die flush van toiletpapier ook ‘n no-no, maar ek steur my nie juis daaraan nie…
Posted by Lizelle on Januarie 29, 2010 at 1:25 nm
Die eerste velletjie wat ek toe drop block toe wragtig die toilet. Hengse embarrassing. So toe stick ek maar by hulle reels vir die res van die trippie. Bly om terug op my eie troon te wees.
Posted by stokstert on Januarie 29, 2010 at 12:27 nm
Hallo Lizelle,
baie mooi, interessante blog. Ek sal beslis meer hier kom inloer.
Sukses en sterkte met die aanpassing. Dit neem ‘n paar jaar, maar as jy aanhou probeer raak dit makliker. Verstand op nul en gaan net door
Ons is ook al 11 jaar in NL en ek het self ‘n bloggie. Loer maar gerus daar in as jy lus het.
Posted by Lizelle on Januarie 29, 2010 at 1:28 nm
Jou blog (http://stokstert.wordpress.com/) gaan check – dis great! Lekker gegiggel oor die ertjie-onderonsie.