Kaal boude op nat gras

“Rotterdam is straks een homobos rijker”. ’n Aanhaling uit ‘n artikel. Woord vir woord. Ek sweer.

Net toe ek begin worry dat ek nou behoorlik ingeburger is en niks meer aan die vreemde Nederlanders vreemd vind nie, lees ek in die koerante van Rotterdam se nuuste homobos.

Ja, moenie bloos nie. Ons almal ken hierdie soort parke waar manne hide en seek speel. Volgens die berig is daar meer as ‘n honderd plekke in Nederland waar homo-okes en mense wat “openluchtseks spannend vinden” mekaar in die donker raaktas.

So  as dit gebeur, is Nederland se approach om dit te reguleer.

Daar is reënboog tekentjies op die bome aangebring wat die skeidslyn aandui tussen die “normale” bos en die “homobos” – waar iedereen na hartelus mag seksen.

Verniet geworry. Dink ek gaan nog baie lank hierdie weird nasie verskriklik grappig vind.

Wilde Nederland

‘n Jaar gelede was ek de moer in oor ‘n berig in die local koerant. Die storie was oor ‘n laan bome wat afgesny moes word. Die rede: Hulle tyd was op.

Hulle algemene leeftyd is gereken en vergelyk met hulle eintlike leeftyd. En toe hulle ouer word as wat hulle veronderstel was, toe word hulle ‘n gevaar vir die samelewing. Chop chop.

Ek was woedend. Imagine mense word afgesny as hulle hulle land se life expectancy oorleef?! So word ‘n arme vent in Zimbabawe afgechop op sy 39ste. Of ‘n tante in Nederland op haar 108ste. Dis ridiculous! Laat die goed vergaan in vrede!

Maar noudat ek ‘n paar dae se noodweer in Nederland ondervind het verstaan ek die boom redenasie. Winde van 130 kilometer per uur. Storms wat bome laat splinter, karavane laat vlieg en dyke laat kreun. Hittegolwe wat visse laat oppop en dobber in die kanale rondom ons huis. Nooit gedink Nederlandse weer het balls nie, maar nou besef die Kaap is nie verniet hollands nie.

Nog ‘n wonderlike weird natuurverskynsel (en toevallig ook ‘n voorbeeld van die Hollanders se beheptheid om die natuur te beheer), is die aanslag van eikenprocessierups. ‘n Paar eikebome in ons area is gestrik met warning tape:

Die tape waarsku dat die boom bewoon word deur brandwurms. En die koerant verduidelik dat eikenprocessierups so gevaarlik is omdat hulle cuddly en hug-able lyk.

Pas op! Wurms!

Hoe fantasties dat dit iemand se werk is om wurms te soek! En bome te ondersoek! En visse uit kanale te scoop! Dis ‘n fulltime job om wilde Nederland te tem…

LEEF en laat leef.

Wat ‘n ongelooflike maand! Wêreldbeker, LEEFfestival, ‘n hittegolf van 33 grade en die aanslag van eikenprocessierups. Hoeveel excitement is moontlik in een maand?

Vannaand is die finale finale van die Sokker Wêreldbeker. En vir die eerste keer in 32 jaar is Nederland in die finale. Hoe awesome om hier te wees en dit te ervaar. Ek kyk nie eers sokker nie, maar vannaand gaan ek en J dorp toe fiets met wapperende Leeu van Oranje vlag, vuvu en oversized opblaas duim in hand. Ons gaan ‘n paar Suid-Afrikaners ontmoet om saam met die Dutchies te kyk – en since Wageningen ‘n klomp internationale studente by sy universiteit entertain sal daar seker ‘n paar verlore Spaanse skapies wees. Good luck vir hulle!

Vandag ‘n maand gelede het ek met trane in my oë gekyk na die opening seremonie.

Ek was so trots of SA. Is steeds. Al die worries – toeriste wat by die lughawe ontvoer word, slagtings op die paaie, Wimpy se pryse wat verdubbel – alles was nonsens. In plek daarvan ‘n rustige, opwindende, vriendelike affair. Geen moord en doodslag nie. ‘n Paar hickups (ja ek noem Baf-baf ‘n hickup), maar niks major nie. Dinge was amper normaal in SA.

Dit was die eerste keer wat ons rerig entertain in ons nuwe huis. En awesome mense het saam kom cheer vir SA.

Van links na regs was dit Deon en Mariette, Koen en Tamara, buurman Gerhard en seun Marinus, Marcel (‘n dutchy wat sy groen Bokke hemp orals dra), Joe en ander buurman Reineer (brawe vent wat daar aangekom het met sy Mexico vlag). Na die match is daar gekuier soos in die ou dae.

Die naweek na die openingsmatch was dit die jaarlikse LEEFfestival waar ek volunteer (http://www.leeffestival.nl/). Dis ‘n amazing straat teater wat al 28 jaar aan die gang is. Vir twee dae het ek rondgehol en podiums opgeslaan, artists begelei, mobiles in bome gehang, kinders aangehits om op strate te teken en ‘n fantastiese tyd gehad. Ek is die liefste vir die mobiles wat ons gemaak het van weggooi goed:

Soos van weggegooide fluffy toys - of "knuffels" soos hulle hier genoem word

Van yster borde

Of van tuingereedskap

Wat hierdie jaar se festival ‘n beduidende ander kleur gegee het was die Naked Bike Riders. Hulle was, soos hulle naam aangee, kaal. Dis glo ‘n jaarlikse ding: elke jaar klim ‘n klomp mense naak in die saal om bewustheid te skep vir omgewings-kwessies (ry eerder fiets en nie kar nie), en om karbestuurders bewus te maak van die kwesbaarheid van die menslike liggaam. In die lekker triestige weer wat ons daardie dag gehad het het hulle inderdaad kwesbaar gelyk.

Net piemels waar mens kyk – ek kon nie ophou giggel nie. Weereens besef hoe prude ek is! Sal volgende keer vertel van die rups en meer. Somer is wonderlik en dit raak net beter!

Leer die vuvuzela online

Yip, my vuvuzela en SA vlag is reg. En Nederland is aan die brand. Maar hulle sukkel bietjie met die geraas wat vuvuzela’s maak. So nou’s daar ‘n online musiekles deur die Utrechse universiteit om die geraas bietjie meer musikaal te maak. (http://www.rtvutrecht.nl/nieuws/242274) Ek love dit! Elke keer as ek op my vuvu blaas kan mens sien hoe skrik iemand. Mens voel sommer so lekker anargisties.

So is julle reg?! Ek is reg! ‘n Paar verlore SA skapies en ‘n paar Dutchies kom hier braai Vrydagaand. Op die menu: bacon kips met gerookte mossels, pap en sous, boerewors en chutney, amarula en ys.

Gaan groot of gaan huis toe! LADUMA! En na die opening match, ook HUP HOLLAND HUP!

Voetbalfever

Deesdae voel dit asof ons in SA bly. Van Luxumbourg tot Schiermonnikoog – dis Afrika en Suid-Afrika net waar jy kyk. In Action (die Nederlandse ekwivalent van Crazy Store) verkoop hulle vuvuzelas vir minder as ‘n euro per stuk. Up Yours FIFA! Nie dat enige iemand dit juis kan speel nie…

TV advertensies feature ons stadiums, wildlife, selfs “traditionele” Afrika danse soos Disky. Hier was tot ‘n Disky dans kompetisie gehou! Nog nooit het die kaaskoppe so gatgeskud nie!

Elke tydskrif waarin mens blaai het iets oor die land. Soos ‘n onlangse artikel oor hoe Afrikaans ontstaan het: Toe nou nie die vereenvoudigde versie van Nederlands wat ek gedink het nie. Die standaard Nederlands wat vandag gepraat word het eers jare later ontwikkel. Afrikaans kom van die Suid-Hollandse dialek wat in die Kaap geland het. Soos twee diere wat uit een voorvader evolve het, sê hulle. Fassinerende stuff. Om ‘n pdf van die artikel te lees, klik hier: Afr Taal artikel

Oor die algemeen is die beeld van Suid-Afrika baie positief. Suid-Afrikaners word uitgebeeld as mense met huge smiles en bright klere. Ons lyk in ads wel bietjie Caribbean maar wie gee om – ons is hot en happening en Europa is aan die brand met voetbalfever: SA Style!

In 'n speelgoedwinkel in Luxumbourg

Ongelooflik. Terwyl Suid-Afrikaners wonder hoe om die Tazz vir nog ‘n aand te bewaar of top oor die waarskynlikheid dat ‘n brief sal arriveer, stuur die Hollanders ouma se goud en sierade per pos om verkoop te word. Toe ek die advertensie op TV sien check ek die kalender. Nee dis nie 1 April nie. Maar dis waar. Inderdaad: Pop al jou goud in ‘n koevertjie en pos dit. Dan plaas hulle die geld in jou rekening oor. Vir meer inligting oor hierdie ongelooflike verskynsel besoek www.goudperpost.nl.

Verder het ons die naweek die geleentheid gehad om ‘n Hollandse trouwe bytewoon. Weet nie eintlik of die troue tiepies Hollands was nie, maar dit was HEEL anders as wat ons ken. Geen TantKoekSeHoenderhaan nie. Geen driegang maal, doodsvervelende speeches of bloos-stories oor die paartjie nie. Geen kinders! En geen stoele nie!

Wel rondstaan en hap na ‘n bordjie taart met koffie. Gevolg deur diverse borrelhapjes (snacks) en dan later, buns met ham. Giggel giggel giggel. Eers koek, dan krokette, dan buns met ham, onderbreek deur verskeie tiepes optredes deur van die gaste. Bietjie soos skoolkonsert hou. En op ‘n Vrydagaand! HEEL vreemd. Maar heel gesellig.

Ek is besig om my opinie oor Hollanders te verander. Miskien is dit omdat vreemde mense my skielik groet om straat. Miskien omdat ek my eerste invite na ‘n wedding gecrack het. Weet nie wat verander het nie; miskien is dit somer, miskien is dit ek.

Syfervoodoo en holbewoners

Dis goed om terug te wees in Holland. Opeens herontdek ek die magiese kragte van double digits. Soos 14. Vandag is 14 grade en Holland word omtower. Mense vat smoke breaks in t-shirts. Fietsgetalle verdubbel. Vissermanne hang uit op die kanaalwalle voor ons huis en sokkerspelers jaag ure lank ‘n bal buite rond. Miniatuur daffodille pop op langs die asblik. Alles toordinge wat slegs realiseer bo 9 grade.

Dan’s daar die magical nuwe tv. Ons Harry Potter koerant boks. Waar prentjies beweeg en vreemde wêrelde vasgevang en uitgestal word.

Dis awesome om die hele naweek op die couch te lounge. En noodsaaklik, oortuig ek myself. My skamele Nederlandse vaardighede het ‘n serieuse knak weg na 5 weke in SA. Het dit vinnig agtergekom toe ek die eerste dag terug moes gaan vir ‘n mediese ondersoek. Ek het die dokter gevra of die goeters wat hy verwyder het nou vir toetse moet gaan. Hy kon nie ophou kop skud en glimlag nie.

So tv kyk vir educational purposes: Die Engelse movie gisteraand mention “cave dwellers”. Die Nederlandse vertaling lees “holbewoners”. ‘n Chick is ‘n “griet”. ‘n Idioot – ‘n lul.

Het die woord “Holland” iets te doen met “holbewoners”? Beteken die frase “grote griet” dus “voluptuous chick”? Hoe dit ookal sy, hierdie Afrikaanse lul is terug om Nederlands heeltemal te korrupteer.

Bolle kleur

Haal asem. Haal asem. Haal asem.

Twee vriende is dood in twee weke. Die pyn is oorweldigend. Daar is geen antwoorde nie en daar sal nooit wees nie.

Terug in Suid Afrika om dinge te reel. Lewenslyne te sny. In te kort. Skielik moet besluite geneem word wat jare lank afgestel is. Hoe raak mens so verstrengel in die lewe? In beloftes aan banke?

Die foonoproepe wankel tussen bribery en dreigemente. Maar tog is daar die vryheid om te kan baklei in my taal. In Nederland vermy ek konfrontasie want my woede en frustrasie word misverstaan. My taal is grappig. Lief. Kinderlik. Hier in SA praat ek die taal van die land. Daar is geen misverstand nie. Hier word ek verstaan.

Tog mis ek my aanneemland. J vertel die bolle het deur die swart grond begin beur. Ontploffings kleur. Smartie landmyne. Ek mis die sneaky son wat elke dag se vars sneeu smelt. Wat ‘n spierwit oggend verander in ‘n grasgroen middag. Ek mis J.

Ek weet nie hoe die pad vorentoe lyk nie. ‘n Pad wat jy stap verander in ‘n foonoproep. Ek hoop mense lag weer en hoop weer. Ek lag al maar dan kom die skuld. Hoe kan mens lag as alles verander het? Dis die ergste – die skuld gevoel oor die mooiste dinge.

Treasure Island for real

Mense sê die dude wat Treasure Island geskryf het het die storie gebasseer op die Cubaanse eiland Isla de la Juventud. Ek dink hulle is reg. Vir honderde jare was die eiland die skuilplek van seerowers en vlugtelinge. Vandag is die eiland steeds amper vergete.

Dus die perfekte plek om te gaan explore. As mens daar kan uitkom.

Die vliegrit soontoe was iets anders. Sewe uur die oggend strompel ons deur die domestic terminaal in Havana op soek na ons tuig. En soek moet mens soek, want op domestic is alles in Spaans.

En soos dit enige behoorlike adventure betaam geluk dit ons om optestyg op die koudste, winderigste en miserable-ste dag wat Cuba in die laaste 30 jaar gesien het. Dit was die dag wat die aardbewings Cuba se buurman, Haiti, getref het.

Met onweer in die lug en onmin in my derms het ons die vliegtuigie beklim. Die reuk van ou puke in die gang het nie gehelp nie.

Op die beste van tye is ek nie ‘n gemoedelike vlieger nie. Na ‘n besondere turbulente Khulula vlug ‘n paar jaar gelede (waar die lugwaardinne my kom vra het om minder hard te huil) het ek myself belowe ek vlieg NOOIT weer nie.

Maar omdat ons nou te-moer-in-gone bly vlieg ek meer gereeld en raak die witkneukelvrees minder.  J is ook so rustig, mens voel half simpel om langs hom histeries te raak.  En toe ons eers in die lug was, en ek begin rondkyk, het ek besef die vliegtuig se binnekant lyk presies soos my ou laerskool skoolbus! Toe voel ek sommer beter en heeltemal tuis. Het selfs daaraan gedink om te kyk of die kougom onder my seat nog flavour het.

So al was die vlug shaky en turbulent en al die res, was dit nie so erg nie. Want in my mind was ek in die bus oppad huis toe met Doris se snackwiches wat vir my wag.

Die eiland self is heeltemal verwyderd van die Cuban toeriste siklus / sirkus. Die enigste toeriste wat dit so ver Suid waag is duikers. Want hier is awesome korale en stuff wat swem vertel hulle my.

Ek self het nie geduik nie. Ek het ge-lounge. Alleen op die mooiste beach in die hele wêreld.

Waar enorm, perfekte skulpe op die strand lê en fluister vir die see.

Ons het so paar dae gebly. J kon ‘n paar plonsies maak, en ek kon myself vervreet aan fried chicken met bone en rys. (Ek het toe nog nie geweet dis al wat ooit op die menu in Cuba is nie).

En ja, dit is die einste plek waar duisende Angolese studente (ek dink ook ANC uitgewekenes) in die tyd van die Rooi Gevaar studeer het. Hulle kon ‘n gratis Kommunistiese universiteits-opleiding ontvang as hulle bereid was om in die lemoen-boorde te werk. ‘n Tiepe kibboets stelsel. Vandaar die naam van die eiland: Isla de la Juventud – Die eiland van die Jeug.

Wonder waar is al die comrades vandag? Die boorde lyk bietjie oes en het ‘n snoei nodig.

Cuba, Havana.

Weet nie van jou nie, maar ek het nog nooit ‘n regte kommunis gesien nie. En toe gaan ons Cuba toe.

Deurmekaar en over exposed het ons die aand op Havana lughawe aangekom. Die rit na die hotel was mal – tipies taxi-mal soos mens net in die derde wêreld kry. Na ‘n vinnige onderonsie met die hotel mense (nie geweet mens mag nie toiletpapier flush nie), het ons die strate geslat vir ons eerste shot Havana.

Die Havana locals noem hulleself Habaneros. En hulle is nogal pittig. Luid en vriendelik met baie soentjies en skouer drukkies vir mekaar. Die stad self is ook awesome. Eeue oue geboue lovingly gerestoreerd vir die benefit van die toeriste. Want vandag is Cuba se grootste geldmaker nie Che posters of suikkerriet nie, maar toerisme.

Een van die pragtige pleine in Havana - perfek gerestoreerd van voor, met die geboue agter wat inmekaar tuimel.

Maar dit was nie altyd so nie. Na die val van die USSR in die laat 80′s het Cuba deur ‘n “spesiale tydperk” gegaan. Eensklaps het hulle oliepyplyn uit Rusland opgedroog, so ook die geld en ontwikkeling wat deur hulle buddies voorsien was. Alles het gestop. Binne ‘n paar weke het die hele land letterlik tot stilstand gekom.

Die Castro reaksie was tipies: Sluit die grense, blameer Amerika en gee meer rum. Mense praat vandag nog oor ‘n tipiese ontbyt in daardie dae: Suiker opgelos in water.

Die deursnit Cubaan het een derde van sy liggaamsmassa verloor. Maar hulle het dit gemaak.  En opgemaak since then as mens kyk na die welige heupe…

Die gevolge van die spesiale periode was divers. Volgens die WWF is Cuba is een van die mees sustainable lande op aarde omdat hulle nie meer so afhanklik van petrol en diesel is nie (http://www.ecosherpa.com/news/cuba-only-country-with-sustainable-development/).

Maar ongelukkig het die groei in toerisme wat hulle gat gered het in die “spesiale tyd” ‘n tweede ekonomie gekweek wat ongelooflike stratifikasie veroorsaak. En dit in ‘n “klaslose” samelewing.

Daar is twee geld eenhede in Cuba: Een vir toeriste (covertables of CUC) en een vir die plaaslike bevolking (peso’s). Daar is 24 peso’s in een convertable. En dis nie verregaande om te sê dat meneer toerist 24 keer soveel betaal vir iets as plaaslike jaap nie.

Alle mense kry ‘n plek om te bly, gratis onderrig en gratis mediese sorg. Almal kry ‘n rantsoen basisgoedere maandeliks van 3 kilogram rys, 3 kilo’s suiker, 6 eiers, 7 brode, 115 gram koffie, 1.5 kilo gedroogde ertjies en 230 gram soja. Ook ‘n streep seep vir wasgoed en menswas. Vleis moet jy self koop en melk is slegs vir kinders.

Almal verdien om en by dieselfde (in dollar waarde at least): van die dokter tot die onderwyser tot die busdrywer kry die government vasgestelde salaris van tussen $20 en $30 (US) per maand. Almal kry dieselfde, want almal is mos gelyk.

Maar met die toeriste ekonomie maak ‘n bedelaar in Havana meer in ‘n dag as ‘n dokter in ‘n maand. Almal scramble om CUC Convertables in die hande te kry, so mens word nogal gepla op straat (meer as by byvoorbeeld ‘n Centurion robot, maar minder as by Grayston offramp).

Ook binne hotelle en ander toeriste hang-outs word vele interessante planne bedink vir die maak van ‘n fooitjie.

Handdoek origami in ruil vir 'n elusive CUC

Maar Havana is so charming en weird mens vergeet vinnig van jou middelklas hang-ups. Veral na die eerste mojito. Daar is rum in alles op die drinksmenu, selfs in die (mint en rum) don pedro’s.

As jou mojito baie muggies bevat is jy sharp - want dan is die mint nie in Havana water gewas nie

Maar steeds is Havana kuier harde werk. Ver loop deur Libanon-esque strate, brandmaer honde en blêrende musiek uit elke gebou. Ook bittermooi geboue in style wat herhinner aan Cuba se verre verlede. Van Spanjaarde, Engelse en Hollanders, seerowers en skatte, suikkerbaronne en Afrikane wat almal op een of ander tyd Cuba hulle huis genoem het. En saam geplant het aan die nuwe nasie.

Volgende update: Isla de  la Juventud – die oorspronklike “Treasure Island”, en die leerskool vir duisende van ons rooi-minded Angola bure.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.